Toe dit wel gebeur en voldoende goudertsreserwes ontdek is, was die voortbestaan van die Goudstad verseker.
Hierdie boek is 'n baie realistiese weergawe van misdaad en korrupsie in Suid-Afrika. Dit bevat grafiese geweld, sterk taalgebruik, selfmoord, dwelmgebruik, sekstonele en kriminele gedrag. Dit is dus nie geskik vir kinders of die swarkhartig nie. Ek kondoneer nie enige van die onwettige optrede wat in hierdie boek beskryf word nie. Hierdie is 'n gefiksionaliseerde stuk werk. Enige konnotasies met gebeure in die werklike lewe of ooreenkomste met regte mense is bloot toevallig.
Dankie mede-leser dat jy na my boek kyk. Dit is my heel eerste roman op hierdie webwerf. Laat weet my asseblief jou gedagtes en of ek meer stories moet skryf. Lekker dag verder!
- Die Skrywer