Jan-Hendrik:
Ek weet nie hoekom meisies altyd solank vat om regtemaak nie. Ashleigh is al besig met hierdie vir 'n lang tyd. Sy doen nou eers haar grimering en sit haar oorbelle aan. En hierdie hele tyd staan sy nog in haar onderklere. Ek sit hier op haar bed en wag vir haar om klaar te maak. Hoekom gaan sy deur al hierdie moeite? Omdat sy uitgaan? Of om mooi vir my te lyk? Maar hoekom sal sy mooi vir my probeer lyk? Dit is nie asof ons twee 'n paartjie is of iets nie. (Wag...is ons?). Die stilte begin omgemaklik raak. Ek besluit om my mond oop te maak. "Ek kry die snaakse gevoel jou kamermatjies hou nie baie van my nie.", sê ek. Sy giggel terwyl sy haar rooi lipstiek opsit. (Dis nie so snaaks as jy desperaat is vir 'n plek om te bly nie, jou bitch.). "Ag, their not so bad. I hated their guts also when I first met them. But I would still be rotting in the gutter if it wasn't for them. So I can thank them for that, at least.". In die kort tyd wat ek Ashleigh ken weet ek eintlik baie min van haar agtergrond. Sy is eintlik nog 'n misterie vir my. Wie is sy? Soos regtig? Ek weet eintlik nie. Al wat ek weet is dat ek smoorverlief is op haar. Maar terselfde tyd voel ek skuldig. Het ek so vinnig aanbeweeg? Het my en Charlize se verhouding dan niks vir my beteken nie? Ek wonder hoe sy daaroor voel. (Nevermind. Ek voel 'n fok.). "So wat is ons exactly? Ek en jy? Wat is hierdie?", vra ek. Sy stop en skud haar kop. Ek vrees ek gaan die antwoord kry wat ek nie soek nie. Sy werk nou aan haar wenkbroue. "Fucking hell. I knew you were gonna ask that. Well, we're definitely not a couple, I can tell you that much. I don't date customers.". Daardie woorde maak my bietjie seer, ek gaan nie lieg nie. Maar dit is seker regverdig en vir die beste. "And I'm not looking for a relationship right now anyway. So don't even bother.", gaan sy voort. Dit werk eintlik perfek vir my uit, nou dat ek daaraan dink. Dit is nooit 'n goeie idee om onmiddelik in 'n nuwe verhouding te spring nie. Daar is skielik weer stilte. Maar dit is nie ongemaklik hierdie keer nie. Sy trek 'n pragtige rooi rok aan en sit goue armbande op haar arms. Sy lyk so mooi. Soos 'n gevalle engel. Ek klim van die bed af en gaan staan langs haar in die badkamer. Ek leen haar een van my Winston sigarette. Ek pluk self een uit. Ek sit my arms rondom haar. Sy vryf my gesig. Ons kyk mekaar in die spieël. Dit word gedek met rook. "Jy lyk mooi...", sê ek. Sy lyk ongemaklik met my kompliment. Sy wil nie hê mense moet naby aan haar raak nie. Net soos ek. Ek hoor 'n klop by die voordeur.
Joseph:
Hulle beter vinnig die deur kom oopmaak. 'n Bottel Jägermeister, 'n skinkbord met shot glasse, 'n sak vol sampioene (5 gram) en 'n JBL speaker staan in ons hande. Ek wil graag 'n "pre-party" eers doen voor ons Pretoria toe ry. Die sampioene is persoonlik vir my en Jan-Hendrik. Op die laaste dag van Matriek het ek en hy 'n hele klein sak Psilocybin sampioene (2 gram), anders bekend as "Magic Mushrooms", by die skool opgekerf, gemaal en gesnuif. Tot vandag toe is dit nogsteeds die hoogste wat ek ooit was. So ek wil hê ons moet die "glorie dae" herleef. Vandag sal my tiende keer wees met sampioene. (Hierdie sal die eerste keer op die pad wees.). Wanneer sal die regering die potensiaal sien in hierdie tipe goed? 'n Mens kan baie ver vorder met psigedeliese terapie. Ek en Jason klop nou saam aan die deur. Iemand maak uiteindelik oop. "Is julle twee vertraag of iets?! Kom net in!", sê 'n kwaai Sjinese meisie.
Jan-Hendrik, Anastasia en 'n ander meisie staan reg vir ons. Hy het my nie vertel hoeveel meisies hier eintlik bly nie. "Hei, hei, hei! Tjek vir Mal Jan onder die hoenders!", sê ek. Die knorrige meisie gee my 'n vuil kyk. Die ander twee giggel en Jan-Hendrik rol sy oë. Ek en Jason gaan bêre ons ondeugde op die groot eettafel. "Haha, oh my God! Are those fucking shrooms?", lag die Indiese meisie. Ek hou die sak sampioene in die lug vas soos 'n troffie. "You bet your ass, baby! But this a present just for me and Jannie. No one else may touch this.". Jan-Hendrik kyk vir my deurmekaar. Ek sit my arm rondom hom en pluk hom van Anastasia af. Ons stap weg sodat ek met hom in privaat kan praat. "My bru. Onthou djy ons laaste dag in matriek?", vra ek. Hy kyk weg asof hy besig is om herinneringe van 'n oorlog te herleef. "Natuurlik. Hoe kan ek vergeet? Toe ek by die huis aankom, tog ek 'n gorilla val my aan. Meantime was my pa besig om die kak uit my te bliksem.". (Ek weet nie of ek moet lag of hom net jammer kry.). "Wel. EK wil hê ons moet daai kak weer doen, bru. Daai was 'n poes lekker dag. Vanat djy hier gekom het het ek weer aan die ou dae dink. Djy weet?", verduidelik ek. "Let's do that shit again, neh? For good times sake!". Hy lyk besluitloos, maar ek weet hy wil dit eintlik doen. Veral na al die goed waardeur hy is. Boonop is hy magteloos teen groepsdruk. "So wat sê djy, balsak? Gaan ons terug matriek toe?". Hy dink weer daaroor, maar sy oë sê: "Ja". Hy gee in. "Fine. Fokkit. Ek's in. Seker beter as 'n vervelige trip Pretoria toe. Maar as ek weer 'n slegte tyd het, bliksem ek jou sodra ek sober is.". Ek lag en klap hom aan die skouer. "Relax, bru. I got your back always. You know mos. Kom. Kom ons kap die shit voor ons ry.". Ons stap terug na die ander toe. Jason raak bekend met die meisies. Ek onderbreek hulle martelende gesprek. "Hei! Wat staan djulle net daar?! Djulle kan solank drink. Ek is nou-nou terug. Waar's djulle messe?". Ling skiet vir my 'n vuil kyk. "Om fokken wat te maak, nogal?", vra sy. Ek kry die snaakse gevoel dat sy nie 'n baie lekker mens is nie. "DJY SAL NOU-NOU SIEN!", gil ek van die kombuis af.
Ek kom terug met 'n groot mes wat ek op die klein eettafel gevind het. Almal kyk na my met groot oë. Net my beste vriend weet presies wat ek met hierdie mes wil doen. Ek haal die sampioene uit die sakkie uit en begin om te kerf. Asof ek besig is om 'n maaltyd voor te berei. Almal anders staan en hou my dop met nuuskierigheid en verwarring. Jason is besig om reguit uit die Jägermeister-bottel te drink. "Um. Is dit nou 'n goeie tyd om te vra wat de hel maak jy?", vra Ling vir my. Ek giggel soos 'n stoute skoolmeisie. "Ek en hy gaan hierdie goed snuif. Ons het dit eenkeer in matriek gedoen en Joseph wil dit nou weer doen voor ons ry.", verduidelik Jan-Hendrik. Ling lyk geskok en gewalg terselfdetyd. Ek maak klaar met die kerving. Ek gryp die hoop klein stukkies en pak dit in my dagga grinder. Ek begin om alles te maal tot die beste van my vermoens. Ek haal die grinder uitmekaar uit en poeier die kief oor die tafel. Ek skraap dit bymekaar met die mes en vorm twee lang kokaïenagtige lyne. "Haha! Me and Maya did shrooms last week. We both ended up in our underwear and I was chasing her with that same knife!", sê Anastasia. (Ek weet nou dis nie haar regte naam nie, maar ek gaan nogsteeds haar Anastasia noem want Ashleigh is 'n kak naam.). "Haha! Yeah, you crazy bitch! I thought you were trying to kill me!", lag Maya. Blykbaar is Ling die enigste persoon in hierdie plek sonder 'n sin van humor. (Nou dat ek daaraan dink, ek het haar nog nie eenkeer sien glimlag.). "Awe! Ek is klaar. Cousin!! Chais my daai strokie!", kondig ek aan. Jason vat gou sy laaste sluk van die Jägermeister en gee sy strokie vir my aan. Ek hou die strokie in my hand vas en kyk op na Jan-Hendrik. "Ready, my man?", vra ek in die styl van 'n swart Amerikaanse rapper. Hy knik sy kop en kom staan langs my. Ek deel die sampioene vir ons albei uit. "Wag! Wag! Wag! Kom ons doen eers 'n shot! Gee daai bottel!". Jason gee vir my die bottel aan en twee shot glasse. Hy het helfte van die bottel al opgedrink. Ek skenk vir Jan-Hendrik 'n dop en een vir myself. Ons sluk dit. Ons sit die glasse neer. "Wil djy eerste snuif of moet ekke?", vra ek. Hy skud sy kop en wys vir my om eerste te gaan. Ek sit die strokie op die tafel neer. Almal anders kyk vir my in spanning. Ek snuif die lyn. (Yasis! My neus brand!). Ek gee die strokie vir Jan-Hendrik aan. Hy snuif sy lyn. Hy reageer erger as ek. "Julle's fokken losers, julle weet dit né?", sê Ling. Ons altwee ignoreer haar. (Sal dit hierdie chêrrie doodmaak om 'n bietjie te smile?). "Whatever. Gaan ons nou ry of wat?", vra Jan-Hendrik. Jason gooi die karsleutels vir my. Ek vang dit. "Yebo! TO THE STRIP, BABY!!", gil ek.
20 minute later...
Jan-Hendrik:
Die speakers in die kar bars van musikale sensasie. Psigedeliese rockmusiek is presies wat my ore nou nodig het. (Jimi Hemdrix was die beste kitaarspeler van all
e tye. Ek gee nie om wat enige iemand sê nie.). Die perfekte note vir 'n persoon op hallusinogene. Ons ry al vir twintig minute lank en ek voel nog niks van die sampioene af nie. Dit vat lank vir een of ander rede. Hoelank het dit laas keer gevat? Ek kan nie onthou nie. Miskien sal Joseph onthou? Hy het baie meer ervaring met hierdie tipe goed as ek. (Teminste het die flats IETS vir hom geleer...). "Bra. Watse kak fungus het jy gekoop?! Ek voel nog fokol. Hoelank het dit laas keer gevat?", vra ek. Sy oë is vol gefokus op die pad. Maar hy bestuur nogsteeds roekeloos. Ek kan nie eers tel hoeveel kere ons amper in 'n kar ongeluk was nie. "Relax, my brazze. Hierdie goeterse vat hulle tyd. Gee dit kans.", antwoord hy. Die ander mense wat agter sit is verbasend stil hierdie hele tyd. "Dit het nie laas keer solank gevat...", sê ek. Joseph gryp die bottel Jägermeister by Jason en vat 'n groot sluk daaruit. Nog 'n kar net-net gemis. "Ja, maar ons was nog skoollaaties, bru. Onse breine was nog vars. Wel, djoune was at least.". Ek grinnik. Ek kyk buite en probeer soveel springbokke of gemsbokke tel as wat ek kan. As 'n manier om die verveelheid te beëindig. 'n Karspeletjie uit my kinderdae. Ek en Liezl het dit op elke padavontuur gespeel. Ek dink dit was 'n hanteringsmeganisme teen my ouers se voortdurende stryery in die kar. Selfs op vakansie kon hulle nie 'n breek van mekaar se kele vat nie. "Julle besef wat julle gedoen het was rêrig stupid, ne? Jy's die een wat moet bestuur!", sê Ling. Joseph maak sy venster oop. Hy pluk 'n sigaret uit en steek dit aan. Ek kan sien hy is ook nog nie geaffekteer deur die sampioene nie. "You need to learn how to chill, girl. Ek weet wat ek doen.", sê hy in 'n half-ernstige stemtoon. Ek het sover vyf springbokke en drie gemsbokke getel. 'n Verskeurde wit 1991 Ford Sierra ry amper in ons vas. Joseph rol sy venster oop en pluk sy middel vinger uit. "YASIS!! IS DJY FOKKEN BLIND, JOU MA SE POES?!!", skreeu hy vir die bestuurder. Hy rol weer sy venter toe. "Jis, ek sweer! Niemand in hierdie blêrrie land kan bestuur nie!". Gewoonlik probeer ek hom kalmeer as hy padwoede kry. Maar nie hierdie keer nie. Daardie ou bestuur soos 'n idioot sonder kopligte en met plastiek vensters. Met 'n goeie dose van alkohol of dwelmmiddels in sy sisteem. Intussen probeer Jason met die meisies langs hom flankeer. (Spoiler alert: Dit werk nie.). Jason is alreeds 'n handvol, maar hy is ondraaglik wanneer hy gesuip is. Hy rol sy venster oop en gooi die bottel op die pad neer. Dit was seker 'n poging om die meisies te probeer beïndruk. Joseph strek agteruit en gee vir hom 'n behoorlike kopklap. Hoekom moes hy nou die hele bottel Jägermeister opdrink? Hy het geen selfbeheersing nie. "Haha! You guys are fucking nuts!", lag Maya. Tien springbokke. Vyf gemsbokke. (As ek gelukkig is, sien ek dalk 'n leeu of 'n kameelperd.). Ek voel 'n skielike tik op my skouer. "How many?", fluister Ashleigh. Sy weet presies wat ek besig is om te doen. Dalk doen sy dieselfde ding? "A few. Tien springbokke en vyf gemsbokke in totaal sover. Ek check vir 'n high score hiersô.", antwoord ek. Sy giggel en druk haar kop teen my skouer. "Haha! I got double that! Keep up, loser!". (Dis asof sy agter my sit...).
Ek draai terug na die venster toe. Ek kyk weer na die wild in die veld. Vyftien springbokke. Nege gemsbokke. Die een springbok heel agter in die trop lyk baie vreemd. Hy lyk glad nie soos die ander springbokke nie. Hierdie een het reënboog kleure instede van bruin, swart en wit. So kleurvol soos die land se vlag. Ek het nie eers geweet so 'n dier kan bestaan. Dit is die mooiste bok wat ek al ooit in my hele lewe gesien het. Die res van die trop volg nou hierdie een se voorbeeld en groei kleurvolle pelse ook. Die pragtige groen gras word eweskulik oranje. Die nuwe pragtige oranje gras haal asem. Ek kon nog nooit my eie asemhaling so intens beleef nie. My kop voel duiselig. My maag is seer. Die kleure van alles beweeg. Alles is so kleurvol. Alles is so helder. Die wêreld rondom my lyk soos 'n jongkind se inkleurboek. Alles is so wankelrig. Selfs goed wat nie veronderstel is om te beweeg nie. Ek voel elke liewe vibrasie van die kar. Ek kan letterlik die musiek voel. Ek kan die gesprekke agter my hoor, maar ek kan nie uitmaak wat hulle bespreek nie. Hoekom moet alles so raas? Ek draai my kop na Joseph toe. Sy oë is vasgenael op die kleurvolle wiebelpad. Ek wonder of hy nou dieselfde dinge sien wat ek nou sien. Hy moet seker? Hy het dieselfde ding gedoen wat ek gedoen het. Ek kan nogsteeds nie glo ons het dit weer gedoen nie. Ek kan glad nie dink dat baie van hierdie goed is vir jou brein nie. Ons altwee is onnosel genoeg. Of is ons eintlik slim? Slim genoeg om elke getatoeëerde rots op die pad te mis. Dit is virseker. Twintig springbokke. Vyftien gemsbokke. Ek draai my kop na die vier passasiers wat agter my sit. Ashleigh. Maya. Ling. Jason. In daardie volgorde. Wat de hel gaan met hulle gesigte aan? Die res van hulle lywe is normaal, maar hulle gesigte is staties soos TV-skerms. Kan ek hierdie mense regtig vertrou? Ek ken hierdie drie meisies skaars. Hoekom de hel is Jason hier saam met ons? Hoekom het Joseph na Johannesburg toe getrek? Hoekom volg daardie swart pak man my die heeltyd rond? Hoekom het ek my pa so hard geslaan? Was Charlize reg oor my? (Kry jou kak bymekaar, Jan-Hendrik!).
Ek maak my oë vir 'n oomblik toe. Ek maak hulle weer oop. Alles is nog dieselfde. Hoelank ry ons al? Ek het alle tred van tyd verloor. Wat is tyd in elk geval? Wat is die doel van dit? Is dit 'n lewende wese? Of is dit net 'n konsep? Wat is dit? Ons sal seker nooit weet nie. Vyf-en-twintig springbokke. Twintig gemsbokke. Hulle stuig nou na die hemele toe. Ek wonder hoekom. Die bok is maar 'n wonderlike wese.