Chereads / GoudStad / Chapter 3 - Hoofstuk 1: Welkom Na Die Goudstad

Chapter 3 - Hoofstuk 1: Welkom Na Die Goudstad

Daar is 'n ou vrou,

sy woon in 'n skoen

Sy het so baie kinders

sy weet nie wat om te doen

Sy gee hulle sop

sonder botter of brood

Dan kry elkeen 'n pak

van klein tot groot

- Algemene Afrikaanse gedig 

Jan-Hendrik:

Ek is wakker. Maar net as gevolg van die geraas daar buite. Ek loer buite my venster. Twee swart mans en 'n Indieer is besig met 'n argument. Lyk soos 'n drug deal. Klink asof die argument gaan oor geld. Ek wil iets doen en die polisie bel, maar wat de hel gaan hulle maak? Hulle is so blerrie nutteloos. Ek ignoreer dit maar en hoop net dit bedaar sodat ek 'n goeie nag se slaap kan inkry vir 'n slag.

Ek's te wakker. Ek wil 'n sigaret rook. Ek kyk in my pakkie. Dis leeg. Die horlosie op die muur se "2 am". Hoekom moet dit so laat wees? (Fuck sakes.).

Ek bel 'n Uber. Ek se vir hom om my na die naaste garage toe te vat. Ek probeer nie eers small talk met hom te maak of niks. Te moeg. Ek wil net 'n gwaai rook en slaap. Of teminste probeer. 'n Halfuur gaan nou verby. Kan hierdie frikkie nie vinniger ry nie? (Ek's te moeg vir hierdie kak.).

Ek begin skielik ongemaklik voel. Ek wonder hoekom. Ek kry amper die gevoel ons word gevolg of iets want ek sien helder ligte op die ou se speeld. Ek kyk agter ons. 'n Wit Sudan ry al agter ons vir 5 minute. Ek begin al hoe meer angstig raak. Wat gaan nou hier aan?

Uiteindelik vertel ek die drywer. Hy stop onmiddelik. Hy klim uit die kar uit. Ek wonder waaroor praat hulle. 'n Lank en maer swart man wat spietkop klere dra kom na my toe. Sy maatjie staan by die ander deur met 'n pistool in sy regte hand. Hy dra nie dieselfde klere as die ander man nie. "Where are you going, sir?", vra die man in spietkop klere. "To the garage to buy smokes.", antwoord ek hom in my dik Afrikaanse aksent. (Fokkit, my Engels is kak.). Die vreemde man pluk ook 'n pistool uit en punt dit na my kop toe. Ek lug my hande op. "Haibo, wena. Not today." Ek gee hom my leer beursie en Oppo selfoon. Redelik seker ek sou hom kan bliksem as hy nie gewapen was nie. "Dis al wat ek het, ek sweer. Nou los my uit." Hy trek sy gesig en klap my agter die kop. " 'Tsek, wena." Hy gryp my aan die bors en gooi my uit die kar uit. Die drywer kom terug. Hy se niks. Hy klim net terug in sy kar en ry weg. Ek staan nou in die middel van die pad sonder 'n beursie of selfoon. Ek's skaars hier vir 'n dag en ek word al beroof en aangerant. (Great.).

Joseph:

Om gisteraand te gaan klub was dalk een van Jason se enigste goeie idees. Ek le in hierdie bed met twee hotties en 'n pens vol Brannas. Hoe kan lewe beter raak? Wel, my foon wat langs my bed lui kinda ruin dit nou. Wie de hel kan dit wees? Ek antwoord die foon. Dis Jan-Hendrik. Blykbaar is hy pas beroof en sit op die sypaadjie. Ek het nooit so vinnig uit 'n bed gespring nie. Ek gooi die girls hulle klere terug en gryp my kar se sleutels. Hierdie naaier kies ook die slegste tye om in die kak te kom. Jason bars uit die badkamer uit in net sy pink onderbroek. Hy het seker weer lyne gedoen. "Wat gaan aan?", vra hy. "Jannie is in die kak. Ek gaan hom gou oplaai. Bly djy net hierso en maak seker hierdie girls fokof." Ek storm uit die huis en klim in my Volkswagen. Tyd om my damsel in distress te gaan red. Not all heroes wear capes. Some ride Volkswagens.

Nou waar is die man? Dit is pik donker. Ek kan amper niks sien nie. Maar wat de hel maak hy so laat buite in die eerste plek? Ek verstaan hom nie. Hy het seker vir 'n oomblik vergeet dis Joburg en nie die Kaap nie. Laat aand draaitjies in Hillbrow is basies selfmoord. Daar is hy. Ek sien hom. Hy leen langs 'n landlyn met sy hande in sy sakke. Hy is verbasend kalm vir iemand wat beroof is. Ek fluit vir hom en roep sy naam. "JANNIE! Kom.", skree ek. Hy waai na my met moedeloosheid in sy gesig. Hy klim in. "Jirre, de fok het met djou gebeur?", vra ek. Hy kyk na my sonder enige emosie. "Ry net."

Vyf minute se stilte gaan verby. Ek probeer my beste om nie daaroor te praat nie. Maar ek kan nie help nie. Dis moeilik om my vriend in so kondisie te sien. Brother moet 'n ding of twee leer as hy wil oorleef. Hy is nie gemaak vir hierdie plek nie. "Soveel effort vir gwaai's, huh?", vra ek. Hy skud net sy kop. Teminste is hy slim genoeg om te weet hy jag kak aan. Hy moet die stupid shit vir my los. "Suburban white boy van die Kaap in downtown Jozi. Djy's 'n tsotsi snack, my bru." Hy begin te lag. Teminste voel hy nou beter. "So djou phone en djou wallet is weg?". Hy knik net sy kop. "Yasis." Ek gooi my sigaret uit die venster uit. "Wil djy police station toe gaan?" Hy trek sy gesig en skud sy kop. "Ek is nie lus vir die cops nie. Fok dit. Vat my net huistoe." Ek kan hom nie rerig blameer nie. Ek sou ook nie polisie toe gaan nie. Useless bliksems. "Het djy die license plate gecheck?", hy skud alweer net sy kop. Ek klap hom agter dit. "Check die license plate, sannie!" Hy vryf sy kop en loer my met 'n doodkyk. "Ek's hierso vir skaars 'n dag en ek word beroof. Ek sweer, hierdie is die enigste land in die wereld waar jy kak moet vat in elf tale." Ek glimlag. Teminste vat iemand humor in hierdie situasie. "Ek mis die Kaap alreeds." "Speak for yourself. Djy het nie in die Flats grootgeword nie." Ek gooi my steeds brandende sigaret uit die venster uit. "En Hillbrow is beter?". Hy het my daar. "Van ons do what we can to survive, brother. Ons het nie veel keuse in hierdie tipe shit nie. Beter vraag is, wat maak JY in Hillbrow?". Hy trek sy arms op en gee 'n groot sug. "Selle rede as jy, bra. Dit het die cheapste apartments gehad wat ek kon bekostig." Hy draai na my toe. Ek kyk terug. Dit lyk asof hy wil huil maar hy hou dit in. "Ek kan nie terug gaan nie, Joseph.". Ek kry hom uit my hart uit jammer. Geen man moet op 'n punt kom waar hy sy pa wil doodmaak nie. En dit komende van iemand wat met geen pa grootgeword. 

Na 'n volle kwartuur is ons uiteindelik by die kakste woonstelgebou in Johannesburg. Ander naam: Sy Huis. Hy laat een finale sug uit. "Home sweet home, I guess." Hy klim uit die kar uit. "Thanks, man. Ek waardeur dit. Rêrig, ou...". Ek voel amper skuldig dat ek beter af is as hy. "Don't stress, brother. Onthou, ek sal altyd daar wees vir jou, man. Maar TRY om vanaand te oorleef, toe!" Hy begin uit te bars van die lag. Jip. My werk hier is gedoen. Tyd om terug te gaan na my onnosele neefie toe. Ek hoop hy eet nie alweer die brood op nie...

Jan-Hendrik:

Ek staan in die badkamer alweer. Ek sien haar. In die bad vol bloed. Dra geen klere. Snye op haar polse. Oë wat deur jou siel kyk. Lank en pragtige hare. Al daardie saam en 'n lyf wat beide seuns en meisies soek. Sy staar vir my. Sy lyk so baie soos my sussie. Liezl. My pragtige Liezl. Ek mis haar so baie. Hoekom moet sy weg wees? Hoekom nie my pa nie? Hoe is dit regverdig dat hy bly maar sy gaan? Sy was te goed vir hierdie wêreld.

Ek is wakker. Ek kyk na my foon. 4:00 am. Ek het net twee ure van slaap ingekry. 'n Nuwe rekord. Ek staan op en sit die koffie masjien aan. Elke keer as ek uiteindelik aan die slaap raak, gebeur daardie selfde donnerse droom. Wat kan dit beteken?