Jan-Hendrik:
Ek was omtrent sewentien toe my jonger suster, Liezl, haar eie lewe geneem het. 'n Jaar later was ek gediagnoseer met Bipolêre depressie. Wat is Bipolêr? Iets wat jy nooit in jou lewe soek nie. 'n Geestesversteuring wat met jou emosies rondmors. Dit maak jou 'n psigotiese en emosioneel onstabiele tuimeltrein. Met ander woorde. In plein weg en onbeskofte Afrikaans: Dis kak. Ek was op 'n stadium op medikasie, maar ek het hulle in Kaapstad gelos. Kan nie daardie lekker maniese gevoel kry met Epitec en Fentanyl in my sisteem nie. Maar hoekom vertel ek al hierdie? Eerlik waar: Ek weet nie. Ek sit net tans in die polisiestasie en wag vir my vonnis. "You! Go in. Come on! Move!". Dit is seker nou my beurt. (Here, help my.).
Ek sit in die ondervragingskamer. Ek het nogsteeds my boeie aan my. Ek hoor voetstappe in die gang. "Oke. Let us see your record...", se die polisieman wat oorkant my sit, met my kriminele rekord in sy hande. "Jan-Hendrik van Aswegen. You are twenty-two years old. Born and raised in Cape Town. Moved to here in Johannesburg almost a week ago. Let's see what kind of bad boy you are. Well, we know you just tried to rob a petrol station. During the day. With a hockey stick. Threatening a poor unmarried woman with two kids at home. Eish. Tsk. Tsk. Tsk. Tsk. Not very smart, heh?". (Ek haat die feit dat hy reg is.). "You stole from a few tuck shops a couple years back. And apparently, you have a domestic abuse charge laid against you, mister Aswegen. Lekker stout, ne? It also says here you have "Bipolar Disorder". I do not know what the hell that is. I also don't really care.". (En jy is 'n doos.). Hy sit my rekord op die tafel neer en kyk vir my. Hy vou sy arms toe en skud sy kop. "You know. I don't get you white people. You got everything. Yet, you do shit like this? Shouldn't you be hunting bokke op your bakkie? Heh? Waar is jou plaas, meneer? Huh? What, you got bored and now you moved here? Fucking this place up? Voetsek to where you came from, man. What are we going to do with you?". Ek is nou regtig verveeld. Ek besluit om sy geduld te toets. "Well. You can start by taking off these goddamn handcuffs. So I can fuck off back to my "plaas". Jy weet?". Hy lag vir my. Nie omdat hy dink ek is snaaks nie. Maar omdat ek dink ek is snaaks. "So, mister funny guy. Do you plead guilty to any of these charges? Just know that even if you plead innocent, I'm gonna take you down anyway. We need less of your kind in the streets, anyway.". Ek gaan nou aan hierdie rassistiese swart polisiebeampte bieg. Ek leun nader aan hom. "Yes, sir. I plead guilty.". Hy grinnik. "Ek het interdaad my pa geslaan. En ek het dit gelove. Ek het die lewende siel uit hom geslaan. En ek sal dit 'n duisend keer oordoen. Glo my. Hy's 'n groter monster as ek. Daai psigopaat het my lewe verwoes die oomblik toe ek gebore was. Hy verdien om in die hel te vrot. Ek is glad nie jammer daaroor nie.". Hy lyk liggies geskok. Die ander polisieman wat by die deur staan skud sy kop. "You're going to jail for a while. Crazy bastard.". Sy luiende foon onderbreek hom. Hy stap uit die kamer uit en antwoord dit. Ek sit en wag vir hom, terwyl ek dink aan hoe om uit hierdie situasie te kom. (Hierdie goed is rerig besig om my hande seer te maak.).
Hy is terug. Hy lyk skielik teleurgesteld. "Well. Looks like today is your lucky day, pretty boy. Your friend just paid you out of my sight.". Watter vriend? Die enigste vriend wat ek het in hierdie hele stad is Joseph Olifant. Jason tel nie. Ek tolereer hom net. (Ek gaan daai klein kak bliksem as ek hom weer sien!). "Well? What you do want? A kiss goodbye? Get the hell out of here! Just remember that I know your face now.". Ek glimlag en staan op. Die polisieman van die hoekie maak my los. "Oh. And word of advice: Stay out of Joburg. Gaan terug Kaap toe.". Ek rol my oë en stap uit die kamer uit. Ek stap in die gang af en wys die middel vinger vir elke polisieman en polisievrou in daardie stasie binne in my kop. Wie is daardie man in die swart pak wat vir my buite staan en wag?
Joseph:
Baie karre by hierdie onwettige motorhandelaar. Ek wonder hoe die mense gereageer het nadat hulle net bedrieg is? Die man kom uiteindelik terug na my toe na 'n lang inspeksie van die kar. "Six hundred.", bied hy aan. Regtig? So min? Vir 'n kar soos hierdie? Nou weet ek hy bedreig my. "Jirre, my bru!? Six hundred? For dis ting? Nxa, dies kak die! Gimme more than that! Come on, man!". Die man wil niks hoor nie. "He moena! Six hundred thousand. That's it. Take it or leave it.". Is hierdie mens nou ernstig? "Eish. Why are you being like this, brah? Huh? Why you trying to rip me off? Come on. Don't be a dick, man.". Hy begin nou ongeduldig raak. "My brother. You are testing me, ne? I'm not gonna stand here and argue with a low-life hotnot like you. Take the six hundred or fuck off.". Ek begin nou ook ongeduldig raak. (Ek sal maar daai "hotnot" comment laat slide...). "I want seven. Seven hundred thousand. Can you count that high?". Hy wil my regtig doodmaak teen hierdie punt. Daar is min dinge so snaaks soos om mense af te pis, eerlik waar. (Veral Jan-Hendrik. Omdat dit so maklik is.). Hy kom staan nader aan my. Hy is nou in my gesig. "Who do you think are?!", skree hy skielik. Hy kry die aandag van die ander ouens hierso. Ek kan sien hy het 'n geweer aan hom. Die spanning in die lug is ongelooflik dik. As die oë wapens was, sou ons albei neer geslaan het. Ek antwoord hom nie eers terug nie. Ek lug my hemp op en wys hom my gangster tattoos. Hy lag net vir my. "Oh? Is that supposed to scare me now? Heh? Let me tell you something now, you mampara. Where you come from, you might have been something. But here? In this city? You ain't shit. Okay? You are nothing. So go flash your moffie tattoos some place else, okay? Just fuck off!". Hy draai om en stap weg. Ek pluk my Butterfly-mes uit en steek hom in die ribbes. Hy skree in bloedstollende pyn. Hy val neer op die grond en dek sy wond met sy hand. Sy maatjies kom nou vir my, maar ek mik vir hulle met sy pistool. Hulle lug hul hande op. "GIVE ME THAT SEVEN HUNDRED!!! NOW!!", gil ek. Een van hulle hardloop na 'n ander kamer toe en kom terug met die vyftig duisend in 'n groot sak. Drie stapels van twee honderd rand note. Perfek. Voor ek uitstap, skop ek die gesteekte man in die gesig en breek sy neus. Ek wou hom nooit doodmaak nie. Ek wou net 'n boodskap oordra. Ek hoor dat hulle my wil volg, so ek begin om te hardloop.
Ek kruip weg in 'n donker stegie. Agter 'n asblik. Hulle hardloop verby my. Hulle het my nie gesien nie. Groot verligting. Ek het uiteindelik die geld gekry. Ek kan nou die skuld afbetaal. Ek is altyd 'n man van my woord. (Ek kan nie wag om die ander twee se gesigte te sien nie!). Wie bel my nou? Charlize? Wat de hel soek sy nou? Sy kon nie op 'n slegter tyd besluit om te bel nie. Maar aangesien hulle nou weg is, kan ek seker die foon nou antwoord. (Eintlik, hoekom kruip ek steeds weg in hierdie stinkende plek?). Ek antwoord die foon. "Hello?". Ek hoop daardie ander ouens sien my nie. "Hi Joseph! Long time, no see man. Hoe ganit?". Ek verstaan nogsteeds nie hoekom sy my sal bel nie. Ek was altyd onder die indruk dat sy nie baie van my hou nie. Sy het al 'n paar keer vir Jan-Hendrik gese dat ek nie 'n goeie invloed is nie. Ek kan sien waar sy vandaan kom, maar Jan-Hendrik is eerlikwaar 'n groter gevaar vir homself as enige iets anders. Ek het nooit vir hom gese om dwelms te probeer of in die Cape Flats te jol nie. So lief soos wat ek is vir die man, hy moet regtig sy kop uitsorteer. "Ja, ek's fine. Dankie, man. Maar horie, nou is nie rerig 'n goeie tyd nie.". Ek moet dalk huistoe begin stap. "Nee, ek verstaan. Ek wil net gou met jou oor iets praat. Dis vinnig, ek belowe.". Dit klink soos iets wat maar kan wag. "Is Jannie okei? Soos....Is hy veilig? Ek is rêrig geworried oor hom. Ons laaste kontak was maar rof. Ek het weer probeer kontak maak, maar hy't my geblok. Ek weet nie wat met hom aangaan nie. Die hele storie met sy ouers. Sy trek daai kant toe. Ugh. Maar ek gaan nie meer sy hand vashou nie. Ek kan nie 'n moeilike graad swot EN nog agter 'n onvoorspelbare boyfriend kyk nie. Jy weet? Maar ek sal altyd sy vriend bly. Al soek hy my nie...". Ek kan die pein hoor in daardie laaste vyf woorde. Ek onthou nog toe hulle begin uitgaan het. Ons het gespot dat hy 'n pedofiel is omdat hy met 'n Graad 8-kind wou uitgaan. (Hy was in Graad 11.). "Jy sal seker nie weet nie, maar is Jannie op meds?". Medikasie? Hy het my nooit vertel hy vat medikasie nie? Ons vertel alles vir mekaar. Wat is dan fout met hom? "Ja, ek dink hy doen. Maar horie, djy hoef nie oor ou Jannie te worry nie. Hy doen shap. Ek kyk agter hom. En my stupid neefie, haha.". Ek het 'n paar vrae vir hom as ek hom weer sien. "Hy MOET op medikasie wees, Joseph. Anders jaag hy kak aan soos die. Mense soos hy kan nie sonder dit lewe nie. Hulle gaan letterlik mal. Ek's die een wat hom oortuig het om dit te vat. Ek vermoed hy het dit dalk gelos na ons break-up. Kan jy asseblief seker maak hy gaan terug op dit?". Ek moet seker huistoe begin stap. "J-ja, ja ek sal. Ek sal. Don't stress, baby. Djy weet ek het altyd die man se back. No matter what. Djy kan relax. Djy het genoeg gedoen. En ek sal met hom praat oor die pille storie. Ek promise.". Ek wonder wat anders steek hy weg? "Ok, awesome. Dankie, Joseph. Rerig. Jy's 'n goeie vriend. En ek bedoel dit. Maar anyway, ek gaan jou nie verder meer pla nie. Maar dis goed om weer te chat. Lekker dag verder. Wees veilig. En moet asb nie Jannie vertel van hierdie oproep nie...". Hy sou my waarskynlik doodmaak as ek hom vertel het. "Awe. Dis reg so, Charlie. En toemaar, ek sal nie. Stay safe.". Ek druk die foon dood en sit dit terug in my broeksak. Hoekom moes ek vir haar lieg?
Jan-Hendrik:
Blykbaar het Caesar een van sy ouens gestuur om op ons te spioeneer. Ek kan verstaan hoekom, maar ek voel redelik geskend. Wat ookal. Ons moet net daardie skuld afbetaal. As Joseph net meer as een breinsel gehad het, so ons nie eers in hierdie situasie wees in die eerste plek nie. Maar dit maak nie meer regtig saak nie. Ons het net vier dae. Ons moet wikkel. Want sover ek weet, is ons skuldinvordering 'n vet ronde nul. Ek wens ek kon terug in tyd gaan en nie die geld in die winkel vergeet nie. (Jou dom doos.). Ek klop aan Joseph se deur. Hopelik doen hy beter as ek tans. Ek hoop ook Jason is hier binne sodat ek 'n woordjie of twee met hom kan he. (Hoe kon hy my so los?!). Joseph maak die deur oop. "Jirre, warrefok was djy?", vra hy geskok. Ek antwoord nie sy vraag nie. "Waar is jou fokken neefie?!". Ek stamp hom uit die pad uit. Ek stap met volle woede na die sitkamer toe. Ek sien vir Jason. "JOU KLEIN POES!!!! EK GAAN JOU DOOD KONT!!!". Hy ruk soos wat hy skrik. In 'n nano sekonde is sy voete van die vloer af, sy rug teen die muur en my hande aan sy hemp vasgeklou. "JOU STUK KAK!! LOS MY BY DIE GARAGE, NE?? WAAR'S JOU LOJALITEIT? IN DIE KAAP GEKAK?! HUH? HUH?!! ANTWOORD MY, JOU KLIEN POES!!!!!". Hy kyk met afgryse na my. Die vrees in sy oë is helder. Ek slaan hom in die gesig. "Ek's jammer! Ek's jammer! Ek's jammer! Ek's jammer!!!", pleit hy. Ek slaan hom weer. "JAMMER SE POES!!! EK GAAN JOU DOODMAAK VANAAND, JOU PATETIESE JUNKIE!!". Ek slaan hom weer. Sy neus bloei. Hy begin om te huil. Jason kom en probeer my van Jason afkry, maar hy sukkel. "Dis genoeg, Jannie! Los hom!", gil hy. Ek weier. Hy kry my uiteindelik van hom af. Jason hardloop na sy kamer toe met bloed en trane op sy gesig. Hy sluit sy deur toe. Joseph stamp my teen die kombuis tafel. "WAT DE FOK IS FOUT MET JOU, HUH?! DIS MY FOKKEN NEEFIE, MAN!!!". Ek se niks nie. Ek kyk na hom met bloeddorstige oë. "JY''S BEFOK IN DIE KOP, MAN!! RAAK WEER AAN HOM EN EK MAAK VIR JOU DOOD VANAAND, VERSTAAN JY MY?!". Hy klink asof hy dit bedoel. Ek het hom nog nooit voorheen so kwaad gesien nie. Ek besluit om te praat. "Daai poes het my by die garage gelos! Ons het die plek probeer beroof en hy los my net. Ons het JOU kak probeer uitsorteer en hy verlaat my net vir die polisie. Caesar het my uit die stasie gehaal.". Hy draai in die rondte en skud sy kop. "So asseblief. Gee my een goeie fokken rede hoekom ek hom nie moet bliksem nie?". Hy draai sy hele rug na my toe en haal diep asem in. "Ons het die geld.". Ek kyk verwaart na hom toe. My hele temperament verander. "Wat?", vra ek deurmekaar. Hy draai terug na my toe. "Ek het 'n kar verkoop vandag. Ons het nou die vyftig duisend rand. Ons kan die skuld afbetaal. En met al hierdie beursies en fone kan ons selfs nog geld maak. Ek het mos gese ek sal ons uit hierdie kak kry. En ek het. Soos ek altyd se: Los die stupid shit vir my.". Ek voel so dom. Hierdie hele poging was verniet. "Ek het nie geweet nie...", se ek. Hy gluur vir my. (Ek het rerig opgefok hierdie keer.). "Ons ontmoet mekaar Vrydag. Selle plek waar jy en Jason die deal gedoen het. Sal later die ander details text. Maar tot dan, soek ek djou nie naby my fokken huis nie. Okei? Ek sal djou 'n Uber bestel.". Hy draai om en stap weg. Ek voel so sleg oor myself. Ek pluk 'n sigaret uit en wag vir my Uber. Ek vat 'n trek en probeer die hele situasie verwerk. Jason is alreeds deur so baie en ek het hom amper doodgemaak. Ek ken die arme kind vandat hy klein was. Hierdie was die eerste keer dat Joseph my ooit verwerp het. Hoe moes ek weet hy het alreeds die skuld ingevorder? Hoekom sal Caesar deur al daardie moeite vir my gaan as hy net die geld op 'n ander manier kan kry? Hoekom het ek ooit Johannesburg toe getrek? Is ek regtig besig om mal te gaan? My Uber is hier. (Hopelik gaan hierdie een my nie ook beroof nie...).
Ek sit in my kamer. Depresiewe musiek speel kliphard in die agtergrond. Ek sny myself en ek kan nie stop nie. My beste vriend haat my nou en ek het amper sy familie doodgemaak. Wat de hel is fout met my? Ek weet nie hoe om al hierdie gevoelens te hanteer nie so ek haal dit uit op my lyf. Die bloed vloei deur my arms en drip op die vloer. Dalk moet ek net van die gebou afspring. Dit alles net eindig. Soos regtig. Wat is die punt van enige iets? Ek wil net ophou hartseer wees. Is dit so moeilik om voor te vra? Hoe kan ek dit maak stop? Iemand help my. Ek hoor 'n klop aan my deur. "HEYYY!!! Yi shiru! Ko na buge jakinki! Turn off that fokken music! Or I kick you out! Rufe gidan wuta!". Dit was Abba gewees. My onwettige verhuurder van Nigerië. Asook 'n dwelmhandelaar wat kristal meth verkoop. Dit is ongelukkig die geval met meeste van hierdie onwettige immigrante. Hulle kan nie meer in hulle eie lande bly nie so hulle kom maak nonsens hierso. Teminste is hierdie plek goedkoop. Ek sit die musiek af en vee die bloed op my arms met toilet papier af. Ek sit die skeermes lem terug in die kas. Ek gaan lê op my bed. Net ek en my demone die hele aand lank. Ek mis slaap.
3 Dae Later
Joseph:
Ons wag nou vir Caesar. Die man weet hoe om 'n "dramatic entrance" te maak. Hy het ook styl en is vleimskerp. Hy het altyd 'n Cubiese sigaar in sy mond en hy dra 'n Hawaiiaanse hemp. Of 'n spoggerige stamhemp. En denim jeans saam met Nike skoene. Hy is goed in wat hy doen. 'n Mens kan darem al daardie punte vir hom gee. Ek en hy ken mekaar al lank. Vandat ek hier kom trek het twee jaar terug. Ek en hy het in klub ontmoet. Ons het buite gaan staan en saam 'n zol gerook. Hy het my vertel hy kom van Zimbabwe af. Hy praat meestal Tswana, maar sy Engels en Afrikaans is nogal goed. Hy het ook daardie aand vir my gese ek moet dink om dwelms te begin verkoop. En ek het. (For better or worse.). Hy is eintlik nie so slegte persoon as jy hom ontmoet nie. 'n Man moet ook geld maak sodat hy kos op die tafel kan sit. Op enige manier moontlik. Ek kan nogsteeds nie glo wat Jan-Hendrik die ander dag gedoen nie. Hy kon vir Jason doodgemaak het. Ek is nie seker of ek hom ooit weer dieselfde gaan sien nie. Hy het nog nie eers jammer gese het. Ek begin om ernstig ons vriendskap te twyfel.
Daar is Caesar. Hy is oppad na ons toe, saam met twee groot en vris wagte. "DUMELA!!! Here are the naaiers! Just in time, as well.", kondig hy aan. "Joseph! My favourite hotnot from the Cape! How are you, brother?". Ons dab mekaar op. (Kan swart mense ophou my "hotnot" noem?). "Eish. Sorry about all this, neh? But we have your money here.", se ek. Hy draai na een van sy wagte. Hy klap sy vingers en punt na die tas wat Jan-Hendrik dra. Die wag gryp die tas uit Jan-Hendrik se hande uit. Caesar tel al die geld binne die tas. Hy knik sy kop. Die wag maak die tas toe. "Shap. Everything seems to be in order. Pleasure doing business with you two honjos. Tell your baby cousin he cries like a pussy.". Sy wagte lag. Ek waardeur glad nie daardie laaste komentaar nie. Hulle stap weg. Ek en Jan-Hendrik kyk nou vir mekaar. "So wat nou?", vra Jan-Hendrik. Ek gee hom my "devilish smile". Ek pluk 'n sigaret uit en steek dit aan. Ek vat 'n groot trek. "Ons gaan kuier vanaand."