Jan-Hendrik:
Iemand bel. Dis my ex. Charlize. Wat de hel soek sy nou van my? Lyk my ek het op die bank uitgepaas. "Ja? Hello?", antwoord ek. "Hey, Jannie. Hoe gaan dit?" (Moenie my "Jannie" nie, jou bitch!) "Hey. Lanklaas van jou gehoor. Ja, dit gaan seker ok. Wat van jou?" "Ok, dankie." Kon hierdie bel nie meer awkward wees nie? Dalk moet ek dit nie eers vra nie. "So...wat maak jy tans?", vra sy. Ek probeer al my emosie inhou. "Van wanneer af gee jy om?". (Wel, ek het probeer.) "Ek wil net weet jy's orraait, Jan. Ons het nie ons verhouding op 'n goeie noot geeindig nie." (Yeah, no shit.) "Hoekom het jy gevlug Gauteng toe?! Ek was 'n uur terug by jou huis. Ek weet van als, Jannie. Ek het met die polisie gepraat. Jy weet jou ma het 'n klagte teen jou gemaak, ne?" Ek probeer my beste om nie te begin huil nie. "Hoekom doen jy so iets aan jou eie pa? Ai, Jannie...ek weet hy's 'n slegte man...maar hy's steeds jou pa..." Ek onderbreek haar. "Ek het nie meer 'n pa nie. Hy's dood in my oe. Kyk, Charlize. Ek waardeur die "check up"...maar ek wil nie hieroor praat nie. Veral nie met jou nie, jou....jou...FOKKEN SLET!!" (Weer eens, ek het probeer.) Ek kon die skok in haar asem hoor. Ek voel alreeds sleg. "KRY JOU KAK BYMEKAAR, JAN HENDRIK!", gil sy terug. Ek gooi die foon teen die muur en plak neer op my bank. Wat de hel gaan ek maak?
Joseph:
Uiteindelik, sien ek 'n lank en maer man. Hy staan by die kroeg en bestel 'n Castle Lager. Dit moet hy wees. "Awe, bra! Hierso!", gil Jason. Ek gee hom 'n woese klap deur die gesig. "Sanniese, hou jou bek! Dom naai.", fluister ek. Hy waai terug na ons toe. Hy gryp sy bier en kom sit by ons tafel. Jason steek sy hand uit en glimlag soos 'n mal man. "Yes, my brazze! How are you?". Ek klap hom weer agter die kop. "Sho, sho. Are you the guys?", se die man met 'n klein grin op sy gesig. Jip. Dit is definitief hy. Ek tik op die tafel. "The money, my brother.". 'n Mens moet nie te vriendelik raak in hierdie tipe situasies nie. Jy moet redelik stone-faced lyk. Hy knik sy kop en pluk die geld uit. Dit lyk baie soos Jan-Hendrik se beursie. Ek vat die R250. Jason gee hom die dagga. "If the cops ask, ek ken djou fokol. Alright?", se ek. Hy knik weer sy kop en stap weg. Hy drink nie eers sy bier klaar nie. Hy steek die goed weg en pluk sy foon uit asof niks gebeur het nie. Sy foon lyk presies soos Jan-Hendrik s'n. Sy beursie lyk ook net soos syne. Nou dat ek daaraan dink, hy LYK selfs soos hy. Wag. Kan nie wees nie. Of kan dit? Is dit....?
Ek pluk hom van agter af en Jason sleep hom aan sy hemp. Ons storm met hom uit die shebeen. Ons is buite. Ek draai hom en druk hom teen die muur vas. Ek bliksem hom deur die gesig dat die bloed spat en die tande uitvlieg. "Ja, Josie! Bliksem hierdie ma se poes!", skree Jason van die kant af. Na 'n hele paar houe, val hy neer op die grond. Jason vat die foon en beursie terug. "If we ever see your fokken face again, we'll kill you, brother. You hear me?", beduie ek hom. Jason spoeg op sy blou bloeiende gesig. Tyd om te skiet. Ek stop vir Jason wat wil kyk of die man nog lewe.
Jan-Hendrik:
Jip. Nog 'n gebomte onderhoud. Hoekom is dit so moeilik om werk te kry in hierdie land? Dalk sou dit gehelp het as ek varsity toe gegaan het. Dis snaaks hoe jy eers later oor hierdie tipe goed spyt is. Ek ry nou tans op die Gautrein. In die middelry. Dis darem veiliger as enige ander trein in hierdie plek. Ek sit my Skullcandy oorfone op en speel musiek op die foon wat ek by 'n Phakistani selfoonwinkel gekoop het vyf minute terug. "Fight The Feeling", deur Mac Miller en Kendrick Lamar. Ek het nooit tevore die lirieke verstaan nie. Maar nou doen ek. Want ek leef dit. Ek kan nogsteeds nie glo Mac Miller is dood nie.
Wat's met die geraas hiervoor? Lyk soos groot kak. Twee lank donkerswart ouens in duur pikswart klere wat daarvoor staan. (Glad nie suspiseus nie.). Hulle stry en raak handsy met hierdie jong meisie. (Nie dat ek 'n woord kan verstaan wat hulle se nie.). Sy dra die kortste klere wat daar is. Sy moet teminste 15 wees. Dinge raak erger. Hierdie mense skree hulle longe uit op mekaar. Klape word nou gedeel. Hulle ruk haar rond soos 'n blerrie ragdol. Die gilery raak net erger. Niemand doen enige iets nie. Dis dit. Ek kan nie net hier sit nie. Ek tik een van hulle op die regter skouer. Hy draai om. Ek swaai. Hy val op die grond. Uitgeslaan. Ek sien 'n vuis wat my kant toe kom. Ek ontwyk. Mis. Ek slaan hom in die maag. Hy val ook neer. In bloedstollende pyn, natuurlik. Die ander arme onskuldige mense op die trein klap hande. Die jong meisie gee my 'n druk en soen my op die lippe. (Gross.). Ek wonder wat sou gebeur as niemand haar gered het nie? Dalk kan ek nog goeie goed doen in hierdie wereld.